Home
/
Our Insights
/
Article Detail
/
Home
/
Home
|
Login
Our Team
Our Expertise
Our Insights
BOOK CONSULTATION
SUBSCRIBE
Our Team
Our Expertise
Our Insights
You can share this article in the following networks2:
Krediet Buro’s In SA
22 September 2014
2309
'n Mens hoor dikwels dat iemand sê: “my naam is op die swartlys”. Wat beteken dit werklik?
In Suid-Afrika is daar vier krediet buro’s wat oor die algemeen deur instansies wat krediet gee byvoorbeeld kettingwinkels of banke, gebruik word om te kontroleer of ‘n persoon kredietwaardig is, by name Transunion/ITC, Experian, XDS en Compuscan.
Elke persoon het die reg om een maal per jaar teen geen koste, sy kredietrekord by elkeen van hierdie instansies na te gaan. Die volledige telefoonnommers en e-pos adresse verskyn hieronder.
Die krediet buro’s se uitgangspunt is dat hulle slegs ‘n persoon se kredietgeskiedenis op rekord plaas, en nie soseer ‘n persoon op die sogenaamde swartlys plaas nie. Dit is daarom ‘n teboekstelling van ‘n persoon se kredietrekord.
Oor die algemeen word vier kategorieë aangetoon by ‘n persoon se naam te wete:
Negatiewe kommentaar:
In hierdie afdeling word deur ‘n kredietgewer aangeteken (banke, kettingwinkels) dat ‘n persoon nie ‘n goeie betaler is nie, ongereeld betaal of selfs een of twee paaiemente op ‘n kontrak/rekening nie betaal het nie. Gewoonlik bly dit vir twee jaar op rekord. Hierdie negatiewe kommentaar word nie verwyder nie, en indien ‘n persoon wel die betalings op datum bring, word slegs aangedui: “betaling nou op datum”.
Bank aantekening/bank versuim:
Hier sal ‘n bank aanteken indien ‘n persoon nie sy paaiemente stiptelik betaal nie byvoorbeeld ‘n huispaaiement, persoonlike lening of motorlening. Hierdie rekord word nie verwyder nie en sal slegs op datum gebring word byvoorbeeld “paaiemente nou op datum”.
Formele oorhandigings:
Hier word op rekord geplaas indien ‘n persoon oorhandig is om ‘n formele invordering te doen hetsy deur ‘n kredietagentskap, skuldinvorderaars (nie hofprosedure nie). Hier sal op rekord geplaas word dat ‘n persoon formeel oorhandig is om stappe teen hom te doen vir invordering van gelde. Dit geskied gewoonlik wanneer die kredietverlener nie suksesvol was om deur middel van ‘n gewone aanmaning, sms of brief die agterstallige skuld te vorder nie. Dit dui gewoonlik op volharding deur die skuldenaar om nie sy skuld op datum te bring nie of indien ‘n skuldenaar oor die algemeen nie sy rekening goed hanteer nie. Oor die algemeen sal kettingwinkels weier om enigsins hierdie rekord skoon te maak. Oor die algemeen is dit baie moeilik en selfs soms onmoontlik om hierdie rekord van ‘n persoon se naam te verwyder.
Dagvaarding/Vonnis:
Hier word op rekord geplaas dat ‘n skuldeiser ‘n Dagvaarding uitgereik het teen ‘n skuldenaar of selfs Vonnis geneem het, met saaknommer ensovoorts. Om hierdie rekord uit te wis is formele stappe deur die Landdoshof nodig, gewoonlik nadat die Vonnis en alle gepaardgaande rente en koste ten volle betaal is. ‘n Brief vanaf die skuldeiser ter bevestiging dat die skuld ten volle betaal is, word vereis. Koste aan Tersydestelling van ‘n Vonnis beloop ongeveer R300.00 tot R1,000.00.
Daar kan dus verstaan word dat ‘n kredietburo slegs die geskiedenis op rekord plaas, en is die bedoeling nie om iemand te benadeel nie.
Waar ‘n Vonnis verkeerdelik teen ‘n persoon se naam aangeteken is kan dit wel in dispuut geplaas word en sal die kredietburo dit verwyder indien bewyse gelewer kan word dat die identiteitsnommer byvoorbeeld verkeerd is of straatadres ensovoorts.
Dit spreek gevolglik vanself dat ‘n persoon sy kredietrekord so skoon as moontlik moet hou. Kredietverleners sal nie krediet toestaan nie, of sal baie traag wees indien daar ‘n negatiewe kredietrekord van ‘n persoon bestaan.
Transunion/ITC:
Tel: 011 214 6572
Faks: 011 252 8242
E-pos: attorneyrescission@transunion.co.za
Experian:
Tel: 011 799 3400
Faks: 011 707 6786
E-pos: judgments@experian.co.za
XDS:
Tel 011 645 9100
Faks: 011 484 6588
E-pos: dispute@xds.co.za
Compuscan:
Tel: 021 888 6000
Faks: 021 44 11088
E-pos: disputes@compuscan.co.za
Previous
The responsibilities of a scheme’s managing agent
Next
Strike action: Illegal activity or legitimate negotiation tool?
Tags:
Debt
Share:
Talk to us
Get in touch with us to discuss how we can help you with your challenges
Get in touch
Related Insights
Certificates of Compliance (COCs) in Property Sales: What Every Buyer and Seller Needs to Know
More than a Break Up - "A Life shift"
Can a divorce be mediated?
Popular Insights
The RAF Is Technically Bankrupt: What This Means for Your Claim in 2026
Can I Sue a Company for Vehicle Damages caused by their Employee?
What Happens if I Run Away after being Involved in a Motor Vehicle Accident?
Recent Insights
Certificates of Compliance (COCs) in Property Sales: What Every Buyer and Seller Needs to Know
More than a Break Up - "A Life shift"
Can a divorce be mediated?
Offices
+27 57 916 6666
Back to top